Update
MOSSELBAAI NUUS - Die sesjarige boerboel van Danabaai wat 'n bloedoortrapping gekry het nadat sy met bosluiskoors en bosluisbytkoors gediagnoseer is, is dood.
Die hond, Lindie was in die Mossel Bay Advertiser se uitgawe van Vrydag, 25 November nadat 'n Alaskan Malamute, Maja (8) vir haar 500ml bloed geskenk het.
Veearts, dr Henk Basson van die Danabaai Veterinêre Kliniek sê hoewel Lindie aanvanklik goed op die behandeling gereageer het, het haar toestand vinnig versleg.
Lindie het nog twee bloedoortappings ontvang, van verskillende honde en is dood nadat haar organe ingegee het. "Ons het so hard vir haar geveg," het 'n hartseer Basson die afgelope week aan die Advertiser gesê.
Vorige artikel: Hondeskenker red Lindie se ewe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'