MOSSELBAAI NUUS - Danabaai-buurtwag het op Woensdag, 7 Julie verneem van 'n Duitse herdershond wat in Malvaweg gedwaal het. Die hond is in die verlede daagliks saam met sy bejaarde eienaar gesien wanneer hulle saam gaan stap het.
Buurtwaglede het op Sondag, 11 Julie in die gebied waar die hond gevind is bymekaargekom en deur-tot-deur geloop in die hoop om die hond se eienaar op te spoor.
Geen positiewe inligting is bekom nie en niemand weet tans waar die hond se eienaar is nie.
Enigeen met inligting word versoek om die buurtwag te kontak (079 414 0481).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'