MOSSELBAAI NUUS - Die ACDP moedig hoërskoolleerders wat nou 17 jaar oud is aan om hierdie naweek, op Saterdag, 10 Maart en Sondag, 11 Maart, vanaf 08:00 tot 17:00 as kiesers by die onderskeie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) stemlokale te gaan registreer.
Die ACDP raadslid in die Mosselbaai munisipale raad, mev Jeanette Gouws, sê leerders wat volgende jaar 18-jaar oud sal wees, besef nie dat hulle hul stem sal kan laat hoor deur 'n kruisie te trek by die party van hul keuse nie.
"Maar dan moet hulle die geleentheid benut om as Suid-Afrikaanse kiesers te registreer.
"Suid-Afrika is 'n veelparty demokrasie en dit is elke Suid-Afrikaner se grondwetlike reg om vir die party van hul keuse te stem."
Gouws sê veral hoërskoolleerders besef nie dat hulle nou reeds vir volgende jaar se verkiesing as kiesers kan registreer nie.
Volgens wet moet kiesers persoonlik gaan registreer, dit kan nie aanlyn gedoen word nie.
Besoek dus die naaste stemlokaal.
Vir meer inligting, besoek www.elections.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'