MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt is geweldig trots op hulle graad 9-span wat vanjaar as die nasionale naaswenners van die ATKV-DigiSpanpraat-kompetisie aangewys is.
Daar het vanjaar 520 leerders landwyd aan die kompetisie deelgeneem.
Hoërskool Punt se graad 9-span se toespraak het gehandel oor die onderwerp, Etikette hoort op klere. Dit is geskryf deur me Stefanie Keyser, wat die span reeds sedert hul graad 6 jaar afrig. Me Madelie Broodryk is die organiseerder van Punt se redenaars.
Die lede van hierdie span is: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster.
Op 7 September het die span in spanning gewag op die direkte uitsending van die ATKV-DigiSpanRedenaars se aankondiging van die nasionale top vyf wenners. In vorige jare het die deelnemers na Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gegaan vir die deelname en aankondiging maar vanjaar is dit aanlyn gedoen.
Die span was uit hul vel toe hulle as nasionale naaswenners (met 'n A++) aangewys is. Die span troon uit bo groot skole in die land.
Die top 5 skole in die afdeling, Afrikaans Huistaal graad 9:
- Hoërskool Waterkloof
- Hoërskool Punt
- Hoërskool Rustenburg
- Hoërskool Zwartkop
- Helpmekaar Kollege
Die Punt-span neem op 20 September aan die Oppitong Af deel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'