Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKENUUS - Hoërskool Punt se matriekgroep van 2020 was verseker ‘n groep met visie en deursettingsvermoë.
Ten spyte van Covid-19 kon hul daarin slaag om hul oog op die einddoel, naamlik om matriek te bemeester, deurgaans in die oog te hou.
Die resultaat van hierdie ingesteldheid was indrukwekkend. Dit het weereens bewys dat 'n goeie fondament in die onderrig van 'n leerderder die deurslag lewer.
'n Slaagsyfer van 98.5% word bereik.
'n (Bachelor) vrystellingsyfer van 93.87% word deur die matrikulante bereik. Dit is 7% hoër as die vorige jaar. ? Skitterende prestasie.
290 A-simbole word ingepalm. Sewe en Twintig kandidate behaal 'n A-gemiddeld.
Hierop is Hoërskool Punt opreg trots. Welgedaan Visse!!
Fotogalery: Hoërskool Punt 2020 matriek toppresteerders
Die volgende leerders het uitnemend presteer:
A-gemiddeld bereik:
- Leonard Megan 95%
- Venter Ané 90%
- Olivier Elizmor 90%
- De Lange Janique 90%
- Van der Gryp Lené 90%
- Meyer Willem 90%
- Kruger Danielle 87%
- Booyens Bianca 87%
- Pauw Wentzel 87%
- Adreani Anna 87%
- Oosthuizen Mieke 86%
- Kotze Ane 86%
- Louw Corita 86%
- Joubert Sune 85%
- Esselen Louis 85%
- Berrington Mikael 84%
- Domingo Nabeelah 84%
- Corkill Rachel 83%
- Rheeder Carolyn 83%
- Duthie Kayla 82%
- Koen Simone 81%
- Grobler Liane
- Benn Anke 81%
- Vander Merwe Zeda 81%
- Theron Revin 81%
- Pienaar Ryan 80%
- Booyesn Lize Mari 80%
7 ONDERSKEIDINGS
- Leonard Megan 95%
- Venter Ané 90%
- Olivier Elizmor 90%
- De Lange Janique 90%
- Van der Gryp Lené 90%
- Meyer Willem 90%
- Kruger Danielle 87%
- Pauw Wentzel 87%
6 ONDERSKEIDINGS
- Adreani Anna 87%
- Oosthuizen Mieke 86%
- Kotze Ane 86%
- Louw Corita 86%
- Joubert Sune 85%
- Berrington Mikael 84%
- Domingo Nabeelah 84%
- Rheeder Carolyn 83%
5 ONDERSKEIDINGS
- Booyens Bianca 87%
- Esselen Louis 85%
- Corkill Rachel 83%
- Benn Anke 81%
Hierdie pragtige uitslae is egter nie net te danke aan die leerders nie. Agter hulle staan daar 'n verenigde ouer-en onderwyserskorps wat almal deel vorm van 2020 se sukses verhaal.
By die skool was daar 'n span onderwysers wat bereid was om die ekstra myl met die leerders te stap. Tuis, veral met e-leer wat vir almal nuut was, het ma en pa daardie ekstra koppie koffie aangedra en deel gevorm van die gedugte Punt-span.
Saam het hierdie groep bygedra om die tradisie van uitnemendheid gestand te hou.
Aan elke matrikulant en ouer van Hoërskool Punt wil die personeel baie geluk sê. Dankie vir julle harde werk. Mag jul die vrug daarvan pluk in jul studies en loopbaan.
“Van Hoog na Hoër”
Groete vanuit die Vistenk
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'