Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Junior Academy-kleuterskool in Mosselbaai met Riana du Plessis aan stuur van sake het op Valentynsdag omtrent die kinders bederf om hierdié liefdesdag spesiaal te maak.
Met die eerste oogopslag ervaar mens entoesiasme van die personeel en die kleuters wie se gesiggies wat straal van opgewondenheid.
Die hoogtepunt van die geleentheid was om foto's te neem by die yslike fotoraam.
Fotogalery: Junior Academy vier Valentynsdag
Kreatiewe, handgemaakte bykomstighede is gebruik vir elkeen om hulself uit te druk. Groot rooi hartjie stokkielekkers is uitgedeel en daar is baljaar tussen waterbalonne, terwyl die klank van uitbundige kleuterstemmetjies opklink.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'