Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- Ayabonga Hlumkeza is Hillcrest Sekondêre Skool op Mosselbaai se matriek wat die beste presteer het vir 2023.
Ayabonga het 'n gemiddeld van 83.1%. Kort op sy hakke is Lisakhanya Dyantyi met 'n gemiddel van 77.7%
Esinako Tshaka het 'n gemiddel van 77% terwyl Shaneel Kiewiet 'n gemiddeld van 72.1% behaal het.
Skoolhoof Ivan Kroneberg het gesê hy is trots op sy leerders. Die skool het 'n slaagsyfer van 94.1%.
"Ek wil al die matrieks geluk wens en ek hoop hulle studeer verder."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’