MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-fotografievereniging het op Dinsdag 8 September by ’n klubaand in die Diaz-hotel sy September-wenners aangekondig.
Hierdie maand se senior wenner was Gerda Fouche met haar visuelekunsfoto, Planet Zebra. Die tweede plek is aan Johan Steyn met sy Egg Dance toegeken.
Die junior wenner was George Rautenbach met sy pragtige No Stopping Me, wat vir die fotojoernalistieke kategorie ingeskryf is.
Nog een van sy foto’s, Jarred, het ook die tweede plek onder die juniors gehaal.
'No Stopping Me' deur George Rautenbach.
Die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand by die Diaz-hotel. Belangstellende fotografie-entoesiaste word hartlik uitgenooi om dit by te woon.
Navrae: Johan van Aarde by 084 760 0602.
Johan Steyn se Egg Dance.
Gerda Fouche se visuelekunsfoto, Planet Zebra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’