HERBERTSDALE NUUS - Herbertsdale se gemeenskap was bedrywig gedurende November. 'n Talentkompetisie vir die gemeenskap wat op 20 November gehou is, is goed ondersteun.
Intussen is die projek genaamd, Clay ook van stapel gestuur. Dit is gemik op meisies tussen 11- en 13-jarige ouderdom. Die projek handel oor die vestiging van goeie waardes.
Aan die stuur van sake is Inge Cupido, Joycelynn Cupido, Kay-Lee Julies en Olivia Flores. Clay het hulle eerste byeenkoms op 27 November gehou.
Volgens Lyle Cupido wat die talentdag aangebied het, word 'n pretdag op Herbertsdale gehou. Die geleentheid word vir 10 Desember beplan.
Enige persoon wat graag wou betrokke raak kan Inge (074 804 9818) of Lyle (079 196 0708) kontak.
Jong meisies op Herbertsdale word van waardes geleer.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'