Vr Pietie Rhodes het die verrigtinge geseën en almal herinner wat 'n besondere voorreg 'n grootouer op so 'n geseënde ouderdom is.
"Tant Spas is spesiaal in die oë van die Here," het hy gesê.
Vr Rhodes het mnr Richard van der Ross, die oud-rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap, se woorde: "Ouderdom is rykdom", aangehaal en almal gemaan om by die knieë van ouer persone te sit en uit hul ervarings-wêreld en wysheid te put. Hy het ook nagmaal aan mev Heunis bedien.
Verteenwoordigers van die Moeders-unie het 'n pragtige sangitem gelewer, waarna Chevon October die Celine Dion liedjie; Because you love me, vir haar oumagrootjie gesing het.
Almal, ook die agterkleinkinders was dit eens dat geluk, goeie gesondheid en ryklike seën mev Spasina Heunis toegewens word.
Na 'n vrolike heildronk is die gaste genooi om versnaperinge te geniet en is heerlik saam gekuier.

Nie al Spasina Heunis se nasate kon die heuglike dag bywoon nie. Tog het dié wat daar kon wees vir 'n onvergeetlike dag gesorg. Mev Heunis sit in die middel in die voorste ry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'