MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat op Sondagoggend, 17 November op Diasstrand visgevang het en toe met 'n mes gedreig is en vermoedelik beroof is, word deur 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gesoek omdat een van hulle beamptes die voorval van 'n afstand aanskou het en die slagoffer se verlate visstok op die toneel gevind het.
Volgens 'n woordvoerder van Executive Security het die man om ongeveer 04:00 by Pansy Cove op Diasstrand visgevang.
"Ons beampte wat by die waterkant diens doen het van 'n afstand gesien hoe die hengelaar deur 'n verdagte met 'n mes gedreig word.
Dit het gelyk of die hengelaar beroof word waarna hy sy visstok neergegooi en gevlug het.
Dit lyk na 'n duursame visstok en ons sal dit graag aan die regmatige eienaar wil teruggee." Geen so 'n voorval is by die Da Gamaskop-polisie aangemeld nie.
"Ons sekuriteitsbeampte was te ver van die toneel af om die verdagte vas te trek en het plaaslike owerhede in kennis gestel."
Die eienaar van die visstok kan die volgende nommer kontak (083 703 1251).
Hierdie visstok is op Diasstrand opgetel nadat die eienaar vermoedelik beroof is en met 'n mes gedreig is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'