MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 6 Julie het die eerste fondswerwingsuitreik van Helping Hands Mossel Bay plaasgevind.
Sowat 50 mense het vanaf die Mosselbaai provinsiale hospitaal op die koue wintersoggend tot by die Punt die 3.3km gestap onder die begeleiding van die munisipale verkeersbeamptes. Alle deelnemers is voor die aanvang van die stap voorgelig oor die doelwitte en oogmerke van die organisasie en het 'n nommer vir 'n gelukstrekking ontvang.
Deelnemers het skryfbehoeftes en skooluniforms geskenk as inskrywings vir hul deelname. Sommige het 'n kontantbydrae gegee sodat die organiseerders self iets kan aankoop na gelang die behoefte.
Helping Hands Mossel Bay is ongeveer vier maande gelede gestig om skoolgaande leerders by staatsgesubsidieerde skole met skooluniforms, skryfbehoeftes en toiletware te ondersteun en maak staat op die gemeenskap se samewerking vir donasies.
Elke deelnemer het geborgde water ontvang voor die stappie na die Punt afgeskop het. By die Punt is deelnemers met verversings inwag.
Daarna is die gelukstrekking gehou en is die deelnemers bedank vir hulle deelname en donasies. Helping Hands Mossel Bay bedank verskeie instansies en persone vir hul deel om die dag 'n sukses te maak. Sien bedankings op brieweblad.
Die jongmense, en veral die kinders het die stappie met entoesiasme aangepak.
Die Helping Hands-stappie was die ideale gesinsuitstappie.
Vriende en familie het die vroegoggendstappie na die Punt onder leiding van Helping Hands baie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'