GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Laas Donderdagaand, 18 Augustus was 'n hoogtepunt vir Helpende Hand se taklede en netwerke wat 'n samekoms op Groot-Brakrivier bygewoon het.
Die Mosselbaai-tak se vroue het gesorg vir warm koffie, sop en toebroodjies.
Dit was 'n koue, nat aand, maar die warm sop, brood en insiggewende inligting wat deur die Helpende Hand-bestuur, gedeel is, het dit 'n heerlike aand gemaak.
Hannes Noeth, en sy bestuurshoofde van verskillende afdelings, het Helpende Hand se werksaamhede aan die taklede verduidelik. Elke afdelingshoof het ook hul afdeling se werksaamhede verduidelik en hul toekomsvisie gedeel.
Die fokus van Helpende Hand se werksaamhede, is maatskaplike gemeenskapsontwikkeling deur projekte, programme en opleiding vir die gemeenskap, uit die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak, Tuinroete nuus'