MOSSELBAAI NUUS - Die speaker van Mosselbaai-munisipaliteit, raadsheer Petru Terblanche, vra die gemeenskap van Mosselbaai en omgewing om bydraes te maak om die gemeenskap van Merweville te help met 5l-waterhouers water asook 50 000 liter water wat op 3 Desember vanaf Mosselbaai na hulle geneem sal word.
Kontantskenkings sal aangewend word om water aan te koop.
Die Mosselbaai-gemeenskapspolisieforum is weer eens die koördineerders van die projek en is daar verskeie versamelpunte waar die 5l-waterhouers afgelaai kan word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'