MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Guiding Starskoperblaasorkes is in 1957 gestig. Die jeugorkes moes gedurende die feesseisoen hard werk om geld in te samel om van hulle uniforms en ou instrumente te begin vervang.
Die orkes bedank die gemeenskap en vakansiegangers wat 'n bydrae hiertoe gemaak het. Een so persoon is mev Van Rensberg, 'n vakansieganger, wat haar hart oopgemaak vir die jeug wat in hulle daaglikse klere tydens die seisoen die gemeenskap en vakansiegangers met hulle talente vermaak het.
Sy het vir hulle 'n stylvolle uitrusting belowe vir volgende seisoen.
Daar lê wel 'n langpad voor vir fondsinsameling, omdat hulle graag vanjaar aan die SWD-orkeskompetisie wil deelneem.
Die orkes is welbekend om in kerke en by begrafnisse te speel. Enigiemand wat die orkes nodig het om op te tree of die orkes kan ondersteun, word gevra om die bestuurder, George October (073 540 7939) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'