MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie versoek die gemeenskap om hulle samewerking te gee om die volgende verdagtes te help opspoor:
Twee verdagtes, wie se identiteit nog onbekend aan die polisie is, is deur 'n buurman afgeneem terwyl hulle ysters uit die agterplaas van 'n woning in Barracudastraat, Uitbreiding 13 verwyder het.
Die voorval het by Barracudastraat 39 plaasgevind.
Enige persoon met verdere inligting, kan ao Richard van Eyck (044 606 2218) skakel.
Lindsay van Rensburg word gesoek in verband met 'n diefstalklag nadat hy op 20 Oktober stukwerk by 'n huis in Sardynstraat 21, Uitbrieding 13 verrig het. Van Rensburg het na bewering die huis betree en items gesteel. Daar is ook 'n lasbrief vir hom uitgereik in verband met 'n ander klagte en hy word daarvan aangekla dat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het. Sy adres is tans onbekend.
Enige persoon wat inligting kan verskaf, kan ao Richard van Eyck (044 606 2218) skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'