Alle fondse wat ingesamel is op die dag gaan aan KANSA en spesifiek vir kankernavorsing.
Die smaaklike en mooi versierde koeke is geborg deur die finaliste van die Cake Off 2014.
Daar is heerlik saam gekuier om pragtig versierde tafels deur Occasions by C terwyl Sterland Drama Studio en die kampioene van Performing Arts vir al die vermaak gesorg het.
Verskeie besighede het kos en pryse geborg waarsonder KANSA nie sulke geleenthede sou kon aanbied nie en elkeen wat betrokke is by die geleentheid, word opreg bedank.
Die wenkoek is gebak deur Cecilia van der Heyde van "Koekemakranka” omdat dit die lekkerste geproe het.

Cecilia, die bakker van Koekemakranka, Cecilea van Occasions by C, Liani van Blissful Delight en Anne-Mare van The Cake Fairy. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'