MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle. Dit word elke Woensdag vars voorberei.
Hulle bied op die gemelde dae die volgende gekookte etes teen R40 per ete aan:
14 Julie
• ontbeende sparerib, blomkool en soetwortels;
• spaghetti bolognese, soetpatats en groenbone;
• hoenderroerbraai, soetpampoen en geelrys.
21 Julie
• maalvleispastagereg, pampoen en growwe groente;
• blatjanghoender, soetpatats en groenbone;
• groenboontjiebredie, stampmielies, murgpampoentjies.
28 Julie
• bobotie, pampoenkoekies, growwe groente;
• hoenderpastei, mielies/ertjies, patats;
• macaroni en kaas, kerriekool, soetwortels.
Opsioneel
• bobotie - genoeg vir 4 - 6 persone teen R100;
• hoenderpastei - genoeg vir 4 - 6 persone teen R100.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'