MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle.
Elke maand is daar 'n nuwe spyskaart met etes wat gevries of dadelik geniet kan word. Die etes word elke Woensdag vars voorberei.
Hulle bied op die gemelde dae die volgende gekookte etes teen R40 per ete aan:
7 April
• lasagne met soetpampoen en kerriekool
• hoender a la king met gegeurde rys en soetpatats
• macaroni-en-kaas met soetwortels en broccoli
14 April
• hoenderbreyani met roomspinasie en soetpatats
• bobotie met geelrys en pampoenkoekies
• spekpastagebak met vlawortels en ertjies
21 April
• ontbeende sparerib met soetwortels en murgpampoentjies (in tamatiesmoor)
• spaghetti bolognese met soetpatats en groenbone
• hoenderschnitzel met soetpampoen en broccoli
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'