MOSSELBAAI NUUS - Die bestuur van die Hartenbos VLV-tak nooi alle lede en belangstellendes uit om hulle vergadering op 25 September om 09:00 in die Hartenbos-biblioteeksaal by te woon.
Kom luister na Shirley Schmidt oor hoe produkte van visvelle vervaardig word. Daar gaan ook 'n uitstalling van die verskillende produkte wees.
Spaarbussies kan gedurende die vergadering ingehandig word asook die toiletware vir Kansa.
Kompetisies: gebak - broodpoeding; masjienwerk - wasgoedpennetjiehouer; skilderkuns - 'n jong wilde dier in olieverf (A3-grootte); woordkuns - essay van 'n spookstorie (maksimum 1 000 woorde).
Navrae kan gerig word aan Rita Burger (076 151 9607).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'