MOSSELBAAI NUUS - Tydens Hartenbos VLV se vergadering in Maartmaand met die fokus op landbou en tuinbou se vergadering in Maart het was Sandra Nolte die gasspreker.
In 1987 het Sandra met merinoskaapwolsortering begin wat later haar passie geword het. Sy het die lewenssiklus van skape verduidelik, insluitend lamtyd, skeertyd en hoe weersomstandighede ‘n rol speel met betrekking tot die hoeveelheid en gehalte van wol.
Met behulp van ‘n volle wolvag het sy die hele proses verduidelik asook die verdeling en klassering van wol. Die veseldikte word met lugdruk gemeet tot ‘n duisendste van ‘n millimeter. Die hoofklassifikasie word deur lengte, sagtheid van aanvoeling en duidelikheid van kartels gemaak. Sy het die vroue ingelig oor hoe bale gemerk word voor versending na BKB
Dit was ‘n baie insiggewende vergadering met interressante en leersame inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'