HARTENBOS NUUS - Zian Roos van Matrix Warehouse in Langeberg Mall het 'n driedimensionele afdrukmasjien wat in Duitsland ontwerp is en in China vervaardig word, aan Hartenbos VLV-tak kom demonstreer tydens hulle laaste vergadering.
'n Program word eers ontwerp met 'n rekenaar en vandaar oorgeplaas na die masjien wat dan die artikel vervaardig uit herwinbare plastiek.
Daar is ook masjiene wat artikels of onderdele uit aluminium of staal kan vervaardig, maar dit is nog nie hier beskikbaar nie. Die masjien kan ook handig te pas kom met die vervaardiging van modelvliegtuie, hommeltuigonderdele, skooltake, kabelhouers, ensovoorts.
Rita Botes het van haar pragtige kralewerk uitgestal en Annemie Erasmus het servette gevou en ten toon gestel om 'n eettafel spoggerig te laat lyk.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'