MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-versorgingsoord hou op Saterdag, 15 Desember basaar by die versoringsoord en familie en vriende word genooi die geleentheid saam met hulle te kom geniet.
Die witolifante afdeling is reeds vanaf 08:00 oop terwyl die ander verkope om 09:00 open.
Daar sal 'n teetuin wees asook 'n verskeidenheid heerlike eetgoed soos pannekoek, groot koeke, klein koekies, terte, beskuit, poeding, kerrie-afval, kerrie en rys, hoender-roompot, vetkoeke en worsbroodjies.
Moet ook nie die vars groente, handwerk en gemmerbier misloop nie - dit alles met begeleiding van lekker boeremusiek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'