MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-netbalklub het sy spelers tydens 'n prysuitdelingsfunksie vereer vir 'n seisoen se ongelooflike spel.
Hulle het in elk van die A- en B-liga 'n span ingeskryf en tweede geëindig in beide ligas.
Tydens die prysuitdeling is trofeë aan die volgende spelers oorhandig:
- Beste doel in A-liga: Tania Muller
- Beste doel in B-liga: Quin-Mari Harmse
- Beste verdediger in A-liga: Christeline Boshoff
- Beste verdediger in B-liga: Lientjie van der Westhuizen
- Beste senterposisie in A-liga: Liesl Barnard
- Beste senterposisie in B-liga: Jolandie Marx
- Beste vordering: Sunette Swart
- Mees veelsydige A-liga speler: Teagan Mckenna
- Mees veelsydige B-liga speler: Rita du Preez
- Beste A-ligaspeler: Christeline Boshoff
- Beste B-ligaspeler: Leandre Schoeman
- Sportvrou van die jaar: Rita du Preez
Die klub begin reeds middel Januarie oefen vir die 2019-seisoen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'