HARTENBOS NUUS - Hartenbosstrand spog ook deesdae met 'n lewensreddings-klub.
Die Hartenbos Surf Lifesaving Club (HSLC) het vanjaar op 2 April met 'n opedag begin. 'n Opedag vir nippers (beginners) sal op 3 September gehou word en enige kinders vanaf 7-13 jaar wat belangstel om 'n nipper te word, kan hierdie geleentheid bywoon.
Die dag begin om 09:00 en eindig om 12:00.
Die klub is by die platvorm, naby Bonzo's restaurant, by Hartenbosstrand geleë.
HSLC is uiters dankbaar teenoor Wes-Kaap Lewensredding vir die ruim borgskap van toerusting wat hulle gehelp het om aan die gang te kom.
Indien jy by die klub wil aansluit of dit op enige manier wil ondersteun, kontak Ronel Hammond (082 714 9639).
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'