Omstreeks 14:00 was, met behulp van die Mosselbaai munisipaliteit, meganiese toerusting op die strand en is daar met die oopgrawe begin sodat optimale gebruik gemaak kon word van die hooggety wat daarna sou volg.
Verteenwoordigers van die munisipaliteit en die Hartenbos Rivierforum was op die strand om gebeure te monitor en het berig dat die rivier om 16:06 na die see deurgebreek het.