Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai-munisipaliteit is bewus van visvrektes wat vandag by die mond van die Hartenbosrivier voorgekom het.
Soos met vroeëre jare, word die visvrektes toegeskryf aan die onverwagse en buitengewone warm weer wat gister ervaar is en wat tot 'n toename in algegroei in die riviermonding gelei het. Dit het tot gevolg gehad dat die suurstofvlakke in die water aansienlik gedaal het.
Lede van die Hartenbosrivier Forum, onder leiding van Phillip Vermaak was byderhand om watergehaltetoetse te doen en het bevestig dat die suurstofvlakke uitermate laag was.
Mosselbaai-munisipaliteit se Munisipale Bestuurder, Adv Thys Giliomee, Raadslid Anton Dellemijn, portefeulevoorsitter van Infrastruktuurdienste en die munisipaliteit se omgewingskundige het vinnig reageer op inligting van die visvrektes en was op die toneel.
Lede van die Mosselbaai Brand, Redding & Rampbestuursdienste het deur sperlint toegang na die rivier beperk en die gemeenskap word versoek om die versperring te eerbiedig, veral wanneer die swaar meganiese toerusting vroeg Sondagoggend ingespan sal word om die monding oop te maak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'