Hulp is vanuit alle oorde gekry en gou het die Hartenbossers ingespring en met die opruiming begin.
Samespreking is met die Hartenbos Bewarea gevoer en hulle het met entoesiasme ingestem om die skoonmaakprojek te loods, terwyl daar ook skakeling met Cape Nature, Departement van Omgewingsake en LG Seta, 'Rural Fisheries Programme of Rhodes University' gemaak is voordat daar met die projek afskop is.
Dr Pieter van Reenen (Hartenrus) en Mornay Beukes (ATKV) het namens die Bewarea hulp aangebied, terwyl Aidan Beck van Oyster Bay Reserve twee kuswagte voorsien het om ook bystand te verleen.
Mnr Barry Oosthuizen, skoolhoof van die Laerskool Hartenbos, het die Graad vyf leerders, onder leiding van mnr Dawie Jonker, afgestaan om die opruiming te doen.
'n Kort lesing is na die opruiming deur oorlewingspesialis en natuurliefhebber, Ewald Crause gedoen om die leerders in te lig oor watter gevolge die verskillende soorte rommel op die ekosisteem van die rivier en eindelik die oseaan kan inhou.

Die Gr 5-leerders van Laerskool Hartenbos op die treinbrug voordat hulle met die skoonmaak-aksie begin het.Ruaan Eloff en Zander Joseph het tussen al die optel van die rommel ook op interessante klippe afgekom.