HARTENBOS NUUS - Hart & Bosch Village se gewilde Parkrun het sy derde bestaanjaar gevier met altesame 361 deelnemers en 47 vrywilligers, wat in aksie was.
Met 'n tema van “Hoe Bonter, Hoe Beter” het almal baie pret gehad en daar kon ná die tyd aan 'n verskeidenheid van vars vrugte en lawende yslollies gesmul word op Saterdag, 7 Desember.
Parkruns is vir almal en heeltemal gratis.
As jy nie die 5km-roete kan hardloop of stap nie, is jy meer as welkom om net in die pret te deel as ‘n vrywilliger.
Soos die spreekwoord op Vrydae in Parkrun-kringe gaan: “Môre is Parkrun-dag - voorheen bekend as Saterdag."
Doen jouself ‘n guns en voeg Parkruns by jou emmerskoplys. Of laat dit 'n Nuwejaarsvoorneme wees.
Jy kan aanlyn registreer by www.parkrun.co.za/register.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’