Video
MOSSELBAAI NUUS - Waarskynlik net soveel as wat rokers met die intrede van vlak 4 van die nasionale inperking gehoop het op verligting vir hulle rooklus, só smag talle daarna om hulle hare te laat sny, te laat kleur of dergelike behandelings te ondergaan.
So tussen die enkele grappies op sosialemediaplatforms deur, het verbruikers nie geskroom om hulle misnoeë te kenne te gee dat salonne, veral haarsalonne in vlak 4, steeds nie sal oop wees nie.
Bekende haarstilis, Lynn Honiball wat meer as 40 jaar ervaring in die industrie het, het by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat sy nou betrokke is, saam met ander veteraan-haarstiliste in Suid-Afrika, om 'n vertoë aan die regering te rig vir die verligting van die huidige regulasies sodat haarstiliste weer ekonomies aktief kan raak.
Sy is egter van mening dat, hoewel salonne nie tans bedryf kan word nie, daar nuwe maniere beding kan word om kliënte steeds van 'n professionele diens te voorsien.
"Ons moet weet hoe belangrik dit is om nie na salonne toe te gaan nie, maar dit beteken dat ons op 'n nuwe manier moet dink en ons dienste beskikbaar moet stel. Ons werk hard aan nuwe planne om ons kliënte te kan help."
Hoof uitvoerende beampte van Twincare, Stavros Dimitriadis, beaam dit. "Die Suid-Afrikaanse haarstilering-industrie, soos ander industrieë in Suid-Afrika, voel die verpletterende effek van die Covid-19-pandemie. Sedert 1 Mei, is haarsorgprodukte in winkels beskikbaar, maar professionele haarstilering in 'n salon of tuis word nie toegelaat nie."
Dimitriadis sien egter 'n geleentheid te midde van hierdie omstandighede. "Haarstiliste is steeds beskikbaar om kundige advies te kan gee. Hiervoor kan videokonsultasies aanlyn gedoen word. Vir diegene wat advies benodig, kontak 'n haarstilis."
Hy het bevestig dat talle salonne ook reeds afleweringsisteme in plek het om die essensiële tuissorgprodukte aan kliënte beskikbaar te kan stel. "As jy professionele advies benodig met jou grendeltydhare, kry dit. Kontak jou haarstilis."
Lynn Honiball het beklemtoon hoe belangrik dit is dat die regulasies in ag geneem moet word om die verspreiding van die Covid-19-virus te bekamp. "Dit beteken egter nie dat ons nie meer kan werk nie. Ons moet net anders dink." Wat die sosiale aspek van na 'n salon toe gaan betref, meen Honiball dat 'n video-gesprek aanlyn met jou haarstilis, 'n goeie plaasvervanger kan wees.
Honiball het 'n nuttige video saamgestel om kliënte by te staan om die noodsaaklikste wat hulle kapsels betref, tuis te kan doen:
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'