Update
MOSSELBAAI NUUS - Die situasie op ‘n plaas in Brandwag waar ‘n 39-jarige man sedert vanoggend met verskeie kaliber vuurwapens begin skiet het, duur voort, berig kapt Malcolm Pojie.
“Nog op toneel. Status nog steeds dieselfde,” het Pojie vanmiddag by navraag gese.
Die man se ouers en broer, wat ook op die plaas was, is ongedeerd vroeër vandag na veiligheid gebring.
Die Geelbeksvleipad is steeds vir verkeer gesluit totdat die situasie ontlont is.
Polisielede en nooddienswerkers wat verskeie kere moes koes vir dwaalkoeëls wat deur die 39-jarige skieter afgevuur is, is intussen deur die polisie se openbare orde-eenheid na veiligheid geneem.
Noodvoertuie, onder andere ‘n ambulans, is verskeie keer raakgeskiet.
Sover bekend is daar geen beerings aangemeld nie.
Spesialis-eenhede insluitend onderhandelaars van die SAPD is op die toneel ontplooi.
‘n Ambulans op die toneel het drie keer onder koeëls deurgeloop. Foto's: Phillip Vermaak
- Lees die nuutste hier | Man vas na gyselaarsdrama
- Lees 'n vorige artikel | Gyselaarsdrama ontvou buite Brandwag
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'