Gallery
MOSSELBAAI NUS - Toeskouers het in hul honderde op die parkeerterrein by De Bakke toegesak waar die immer-gewilde 'spinning'-byeenkoms vandag (én môre) as deel van die Mosselbaai Dias en Portfees plaasvind.
Deelnemers van sover as Kaapstad het moes bontstaan teen die manne van Mosselbaai en die interessante driftbikes was ‘n welcome toevoeging tot die program.
Besoek gerus môre weer die Santos-feesterrein waar nog hope soortgelyke pret opgedis sal word.
Vir vanaand, egter, skuif die mense lankal reg by die twee groot verhoë (Santos en op die hawe) vir uithaler vermaak deur van die land se beste musiekkunstenaars.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'