MOSSEL BAY NEWS - Benevolent Park het verlede naweek hul jaarlikse basaar gehou.
Die geleentheid was 'n groot sukses en na die Covid-19-beperkinge, omtrent 'n jolige affêre.
"Namens die inwoners personeel en komitee, bedank ons almal vir hul ondersteuning, bydraes en donasies in watter vorm ookal. Die tafels het behoorlik gekreun onder die wonderlike etes, eetgoed en handwerk . Dit word opreg waardeer. Volgende jaar maak ons weer so," berig Margaret Bhana namens die organiseerders.
Daar is gesellig gekuier tydens die basaar.
Connie Petersen (links) hou 'n ogie oor die gebak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'