Die vrou het haar lot oor 'n radio wat gebreek het, teenoor haar haarkapper bekla. Die haarkapper het aangebied dat haar seun die radio sal regmaak. 'n Man (39) het Vrydag, 12 April by die bejaarde se huis opgedaag en in die vrou se slaapkamer aan die radio gewerk. Op 'n stadium het hy iets gevra om te drink. Niksvermoedend het die vrou hom koffie aangebied en dit gaan maak.
Saterdag, 13 April, het sy tot haar skok besef dat van haar juwele uit haar slaapkamer vermis word.
Speurder Ao Arlene Stokes en Speurder Wallie January het op Saterdag die man aangekeer en, na ondervraging, is hulle na 'n persoon geneem, waar op die Hartenbos vrou se juwele beslag gelê is.
Juwele ter waarde van meer as R300 000 is teruggevind.
Die bevelvoerder Speurders Da Gamaskop, Lt Kol Maurice von Egmont, het sy tevredenheid met die flink polisiewerk van sy speurders teenoor die Mossel Bay Advertiser uitgespreek.

Speurder bevelvoerder van Da Gamaskop SAPD, Lt Kol Maurice von Egmont, is trots op die puik speurwerk van Speurder Kst Wallie January (links) en Speurder Ao Arlene Stokes (regs) wat blitsvinnig die juwele wat in Hartenbos gesteel is, teruggevind het. Foto: Tersia Marais
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS