MOSSELBAAI NUUS - Die VLV SWD sirkel is vanjaar 'n volle 90 jaar oud.
Die viering van dié besondere mylpaal het verlede week op Vleesbaai plaasgevind waar verskillende takke saamgekom het vir die sirkel se jaarlikse konferensie.
Na afloop van die opening van die geleentheid is 'n vredeskers aangesteek. Dié kers simboliseer dié vroue se verbintenis met vroue oor die hele wêreld.
"Ons verskil wel ten opsigte van kultuur en geloof, maar word saam gebind omdat ons almal dieselfde belange en behoeftes het," sê hulle.
Die gasspreker was Maruanda Wynne. Sy het talle harte aangeraak.
Op haar Facebook-blad het Wynne gesê dit was vir haar 'n vreugde en eer om die spreker by dié geleentheid te wees, in 'n kamer vol ongelooflike vroue.
Die VLV Klein Brak het vanjaar vir die tweede keer die Simply the Best trofee ontvang, terwyl die Calitzdorp-tak vir die tweede jaar die Uitblinker trofee ontvang het.
Die SWD-bestuurspan, Valeria Terblanche, Christene Coetzee, Carol Scott, Elize Locke, Sandra Nolte, Lydie Terblanche en Petro Dorman.
'n Verjaarsdag kan natuurlik nie gevier word sonder 'n spesiale koek nie.
Om met die tema "Ons Jeug, ons Toekoms" in te skakel is Anna van Rensburg, graad 8-leerder en kleindogter van Chrisilda van Rensburg (VLV Voëlvlei-lid), gevra om 'n koek te bak en te versier.
Anna van Rensburg tref voorbereiding vir die verjaarsdagkoek.
Die VLV vertel Anna se liefde vir bak en versier is geprikkel omdat sy dit van kleins af saam met ouma Chrisilda gedoen het.
Anna was agt jaar oud toe sy vir die eerste keer haar eie verjaarsdagkoek versier het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’