Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - AfriForum het verlede week hulle Veg- en Bouweek se inhoudsessies met die fokus spesifiek op die jeug afgesluit.
Verteenwoordigers van AfriForum se tersiêre opleidingspan het jongmense en ander by die Diaz Hotel toegespreek op 29 April.
Daar is veral gefokus op die produkaanbieding van Akademia, 'n private hoëronderwysinstelling en Sol-Tech, 'n beroepsopleidingskollege. Beide is deel van die Solidariteit Beweging.
Tydens die aanbieding is van die interessante statistiek wat gedeel is, die verwysing daarna dat Suid-Afrika jaarliks 'n tekort aan 30 000 opgeleide ambagslui ervaar. Sol-Tech neem tans vier maal per jaar, 'n 1 800 studente in om hierdie nood aan te spreek.
Akademia het 'n sentrum in George en tydens sy gesprekke by die Veg- en Bouweek, het hoof van Solidariteit die gemeenskap aangemoedig om hierdie sentrum te besoek. Hy het dit in besonder betreur dat slegs 1% van Afrikaanssprekende bruin jeugdiges, universiteit toe gaan. Voorts, het hy gesê, kry 15% blanke Afrikaanssprekendes toegang tot universiteitstudie.
"Dit is nodig dat ons inklim om hierdie situasie te verbeter.
"Besoek die sentrum op George en kyk hoe jy daar betrokke kan raak. Dit is 'n praktiese projek om binne die Suid-Kaap aan te pak om dinge makliker te maak vir die volgende generasie," het Buys tydens 'n gesprek verlede week gesê.
Die Veg- en Bouweek is vir die eerste keer verlede week vanaf 25 - 30 April op Mosselbaai aangebied.
VIDEO: Flip Buys sluit AfriForum-week af op Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'