TUINROETE | KAROO NUUS - Inwoners van die Tuinroete kan vandag, 22 Mei, 'n swaar polisieteenwoordigheid in die streek verwag.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is hulle ontplooi om misdaadvoorkomingsoperasies op geïdentifiseerde plekke regoor die distrik uit te voer.
Dié ontplooiing van beamptes vorm deel van die Wes-Kaapse polisie se CEPPAT-strategie wat daarop gemik is om 'n veiliger gemeenskap deur middel van intelligensie-gedrewe operasie te skep.
Daar sal ook besoeke en inspeksies aan polisiestasies in die distrik deur die SAPD se senior bestuur wees.
Die ontplooiing sal in onder andere George, Mosselbaai, Knysna, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Uniondale en Ladismith plaasvind.
Inwoners word versoek om met die polisie saam te werk en geduldig te wees met beamptes wat operasies uitvoer.
"Die aktiwiteite is daarop gemik om veiligheid in gemeenskappe te verbeter. CEPPAT is die Wes-Kaapse Polisiëringstrategie wat in Februarie 2022 tydens 'n strategiese beplanningsessie in Mosselbaai gekonseptualiseer is."
Die strategie bestaan uit die volgende ses pilare wat die akroniem CEPPAT vorm:
- Cohesive pace-setting leadership
- Evidence-based proactive policing
- Purpose-driven quality investigations
- Partnership policing and professional service delivery
- Appropriate resourcing
- Technology and innovation
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’