Breaking News
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het vanoggend hul gebou ontruim nadat ‘n bomdreigment ontvang is.
Volgens ingeligte bronne het die polisiestasie ongeveer ‘n uur gelede ‘n oproep van ‘n manspersoon ontvang wat gesê het daar is ‘n bom tussen die polisiestasie en die hofgebou.
Die hele gebou asook persone wat in die aanhoudingselle by die polisiestasie aangehou word, is intussen ontruim
Die gebou sal gesluit wees tot dit veilig verklaar word.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’