GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit berig dat die munisipale ablusiegeriewe in Groot-Brakrivier weer op Saterdae oopgestel gaan word.
Die ablusiegeriewe is naby die mark geleë en die gemeenskap het onlangs versoek dat die geriewe toeganklik oor naweke moet wees. Die Mossel Bay Advertiser het onlangs hieroor berig.
"Mosselbaai-munisipaliteit is in die proses om 'n kontrakteur aan te stel wat die ablusiegeriewe sal diens in 'n poging om selfs nog beter dienslewering te verseker.
"Dié besluit sal ekonomiese ontwikkeling bevorder aangesien dit 'n gerief vir inwoners, sowel as toeriste en besoekers aan die immergewilde oggendmark bied,"lui die verklaring.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'