GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Konstruksie van die Groot-Brakrivier Waterfront-ontwikkeling het in Mei vanjaar begin.
Een van die mede-eienaars, Jan Hoevers, het bevestig hulle beoog om teen einde Oktober oop te wees vir besigheid.
Hoevers het Dinsdag 5 Augustus vlugtig met Mossel Bay Advertiser op die bouperseel gepraat.
Hy sê daar sal sowat 11 verskillende winkels by die waterfront wees.
Hierby ingesluit is onder meer verskillende eet- en drinkaanbiedinge, asook ’n speelplek vir kinders.
In reaksie op bewerings vanuit die publiek oor die nodige goedkeurings en meer, sê Hoevers hulle het alles in plek. Hy sê waar die waterfront nou gebou word was die slagpale oorspronklik gewees, en daar is dus ’n bestaande ‘voetspoor’. “As dit nie daarvoor was nie, kon ons dit nie bou nie.”
Daar is byvoorbeeld nog ’n erf langs die verbouing waarop hulle nie mag ontwikkel nie, sê hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’