Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Op Vrydag, 16 Mei, 2025, is ’n historiese mylpaal vir Groot-Brakrivier Primêre Skool gemerk - die ontvangs van sy heel eerste skoolvlag.
Die hoof, D.G. Rhoode, het op daardie dag die vlag ontvang en oopgevou. Die skool het hierdie geskiedkundige oomblik op ’n video vasgevang om met die ouers en die gemeenskap te deel.
Die skool sê die vlag simboliseer sy leuse, Nisi Dominus Frustra. Die wit kruis wat daarop pronk herinner aan die woorde: “Sonder God alles tevergeefs!”
Die skool het die anonieme skenker van dié vlag hartlik bedank.
VIDEO: Skoolhoof D.G. Rhoode ontvang die skoolvlag
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’