MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het onlangs beslag gelê op 'n groot hoeveelheid dwelms, drank, kontant en meer as 150kg gesteeelde eiendom by 'n woning in Zone 14 op Wolwedans.
Die D-skof het saam gewerk om die 45-jarige verdagte in hegtenis te neem.
Die polisie het afgekom op meer as 130 mandrax-tablette, 40 sakkies tik, 'n groot hoeveelheid drank, koper en R17 800 kontant.
Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, handel in dwelms en handel in drank.
Skofbevelvoerder, ao Gerhard Crause by die drank wat gekonfiskeer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’