GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het gevra dat huiseienaars van vakansiehuise en vakansiegangers in die Groot Brak-omgewing hul huisadresse by die polisiestasie registreer om huisbrake te voorkom.
Volgens sersant Lauriane Botha, kommunikasiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, sal die polisie die huise op 'n gereelde basis patrolleer as hulle in die omgewing is.
Die polisie sal ook besoek aan die huise bring en seker maak dat dit veilig is. Sers Botha sê dit blyk dat inwoners nie bewus is van die diens wat die polisie lewer om die gebied veilig te hou nie.
"Ons kan nie verhoed dat misdaad plaasvind nie, maar ons kan voorkomend optree. Daar is 'n boek by die polisiekantoor waar mense hul eiendom op die register kan aanteken."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'