GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ’n Inwoner van Groot Brak, Mitchell Wessou, se familie het hom as vermis by die Groot Brak-polisie aangemeld.
Volgens Wessou se pa, Henry Frans, is Wessou op 19 Maart by die huis weg op soek na ’n tydelike werk, maar hy het nooit teruggekeer nie.
Frans het daarna rondgevra of iemand dalk weet waar hy is, maar Wessou het sedertdien nog nie met Frans kontak gemaak nie.
Enigeen met verdere inligting oor Wessou kan sers. Lauriane Botha by 073 551 7358/082 522 1682 of AO Ferdi Nel by 082 522 2807 of 044 620 8304/5 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’