GROOT BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Buurtwag het onlangs 'n groot stap vorentoe geneem.
Die buurtwag se komitee is uitgebrei met waardevolle toevoeging van lede vanuit Groot Brak Hoogte en Avondans.
Voorsitter van die belastingbetalersvereniging, Ronald Hacquebord sê tesame met Die Eiland as deel van die buurtwag se grense en die buurtwag van Greenhaven gaan hulle in die toekoms die hele gemeenskap insluit en dien.
"In ons pragtige en karaktervolle dorp bestaan daar vier organisasies wat saam met ons drie raadslede soos die vier wiele van 'n voertuig saam werk. Elke een van hierdie liggame werk afsonderlik om ons dorp verder op te hef. Die buurtwag is een van hulle en sien toe na die veiligheid in die dorp en op die strand.Die buurtwag maak ook van tweerigtingradio's gebruik om vinnig met mekaar in verbinding te kan tree.
"Ons sal in die toekoms graag wil sien dat al ons lede op Groot Brak 'n buurwag naamplaat voor hulle huise oprig sodat ons na mekaar kan omsien." Inwoners kan die naamplate bestel by Robert (083 412 8716) of Ronald (083 307 6571).
Hacquebord sê 'n sterk buurtwag is noodsaaklik om almal rustig en veilig te laat voel sonder dat inwoners agter hoë mure- en heinings moet woon.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'