MOSSELBAAI NUUS - 'n Groot groep 4x4-entoesiaste het die afgelope Sondag, 2 April, deelgeneem aan 'n bewusmakingsrit vir die Garden Route 4×4 Expo & Outdoor Show wat aan die einde van April (28 April tot 1 Mei) op Bartelsfontein, Mosselbaai aangebied word.
Die groep het Sondagoggend vanaf Shell Voorbaai na die Garden Route Mall op George vertrek en toe kuslangs vanaf Glentana via Klein Brak en Hartenbos gery.
Van hier is hulle om Die Punt na die venue op Bartelsfontein waar daar lekker gebraai is.
Van die voertuie wat aan die bewusmakingsrit deelgeneem het in 'n konvooi.
Daar was selfs 'n groep motorfietsryers wat ook aan die bewusmakingsrit deelgeneem het.
Daar is na die tyd lekker op Bartelsfontein gebraai en gekuier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’