MOSSELBAAI NUUS - Inwoners in E. Lanatastraat in Danabaai is raadop oor die geplunder van 'n boom in die naasliggende groenstrook.
Laat Januarie is weer eens gemaai onder die takke in die boom.
Danabaaiers is jaloers op die bewareastatus van die woongebied, en inwoners het daarom hul kommer uitgespreek oor die skynbare eiereg van sommige mense in die omgewing.
Die onwettige gesnoei en gesaag van die boom is aan die munisipaliteit se parke-afdeling gerapporteer.
Dit is nie duidelik wat die motief van die persone is wat die boom so afsaag nie.
Sommige inwoners spekuleer dat dooie takke afgekap word en dat dit 'n gevaar vir brande voorkom.
Andere beweer dit word gedoen om die see-uitsig te verbeter.
Welige takke van die boom wat in 'n groenstrook van die bewarea groei, is na bewering onwettig deur inwoners in die omgewing van E. Lanata verwyder.
Volgens terugvoer van die Mosselbaai munisipaliteit, mag inwoners nie reg in eie hande neem en enige plantegroei in groenstroke snoei of verwyder nie.
Inwoners word versoek om enige klagtes - met foto's waar moontlik - te kommunikeer aan admin@mosselbay.gov.za.
Klagtes wat hiervolgens ontvang word, word onmiddellik op die munisipaliteit se stelsels opgeneem en sal die nodige aandag onverwyld geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'