MOSSELBAAI NUUS - Bert du Plooy van CLAYworx-kunsskool by die Blue Shed Coffee Roastery bied 'n interaktiewe, aanlyntekenkurses vir die duur van die tuisinperking aan.
Die tekenkursus is gratis en interaktief, met terugvoering wat per e-pos of Whatsapp gegee sal word. Die kursus word vir drie weke, met die opsie van voorsetting, aangebied.
Dit is gerig op beginners, maar is ook geskik vir die gevorderde student.
Die kurrikulum fokus op tekenwerk van lyn (hantering daarvan, funksie en toespassing), vorm en tonaliteit (skaduwees vir vormgewing), asook tekstuur (oefeninge in verskillende tekstuuruitdrukking), komposisie (balans met positief/negatief wat vorentoe en agtertoe beweeg), en anatomie (vir portretskilders).
Materiale wat benodig word is maklik verkrygbaar. Dit sluit in potlood, papier en houtskool.
Belangstellendes kan Bert du Plooy kontak (078 235 5342 of 063 299 1285). Stuur ook e-pos na duplooyburt@gmail.com.
Bert sal dit verwelkom as iemand hom wil help om ‘n blog oor die tekenklasse te skryf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'