MOSSELBAAI NUUS - Daar is nog plek beskikbaar vir die werkswinkel op Dinsdag, 16 Mei, om kleinhandel-personeel op te lei in kliëntediens. Die kursusse word deur Charlene Wiese aangebied, is gratis en is tot voordeel van enige besigheid en jong werksoekers.
Die sessies duur van 09:00 tot 13:00 en word by die KwaNonqaba Biblioteek by die Binnelandse Sake-gebou aangebied.
Die kursusgangers kry ook die geleentheid om hul vaardighede prakties te oefen gedurende die werkswinkels. Die werkswinkel word moontlik gemaak deur Doves Begrafnisdienste. Volg die skakel op die Doves Funeral Parlour Mosselbaai FB blad om vir die werkswinkels te bespreek of skakel 083 321 4337.
Die studente word getoets as deel van die kursus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’