MOSSELBAAI NUUS - Gratis internetdienste beskikbaar by onder meer die onderskeie biblioteke in Mosselbaai lewer 'n onontbeerlike diens.
Vir Andrew Valentyn, 'n inwoner van Heiderand, was die internet die antwoord vir sy werksoekprobleme.
Hoewel hy telkens moes voetslaan vanaf Heiderand na die D'Almeida-biblioteek, was dit vir Andrew, wat vasberade was om 'n werk te kry, die moeite werd. Danksy die internet kon hy vir werksgeleenthede aansoek doen en is hy onlangs aangestel op 'n Italiaanse boot wat langs die Angolese kus diamante myn.
Hy glimlag breed as hy van die dienslewering van die onderskeie personeel by die biblioteek praat, en bedank almal wat hom behulpsaam was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'